Uganda klop Capricorn Eagles met 4 paaltjies

Die Capricorn Eagles het hulle wedstryd in Entebbe teen Uganda met 4 paaltjies verloor. Die span speel tans in ‘n vierhoekige reeks teen Uganda, Nigerië en Rwanda as deel van hulle kwalifisering vir die IKR se T20 Vroue-wêreldbeker. Die beste vertonings vir die Eagles was deur bouler Victoria Hamunyela, wat 3 paaltjies vir 11 lopies laat kantel het, en kolwer Kayleen Green wat 22 lopies in 29 balle aangeteken het. Hul volgende wedstryd is Donderdag om half-tien die oggend teen Rwanda.