Rusland ‘nie betroubare bron van koring’

Die Namibiese adjunkpremier Netumbo Nandi-Ndaitwah het met haar Russiese eweknie Yury Trutnev vergader as deel van die Rusland-Namibië Inter-regeringskommissie, wat besprekings oor handel, belegging en samewerking bevat het. Nandi-Ndaitwah het haar kommer uitgespreek oor die dalende invoere van Russiese koring deur die Namibiese privaatsektor en beloof om die kwessie aan te spreek. Namibië voer tradisioneel koring vanuit Rusland in en privaatmeulenaars verwerk dit plaaslik. Landbou-kenner Wallie Roux meen die privaatsektor het verskeie faktore wat hy in ag moet neem voordat hy koring koop, maak nie saak van watter produsent nie.    

Roux voeg by dat Rusland nie ‘n betroubare bron van koring vir Namibië kan wees nie.