Typerk van rou vir wyle president Kaunda begin vandag met vlae wat halfstok hang

President Hage Geingob het aangekondig dat vlae in die land van vandag af tot 25 Junie halfstok moet hang met die sewe dae van rou in Namibië ter ere van die stigterspresident van Zambië, Kenneth Kaunda. Kaunda is Donderdag op 97 jarige ouderdom oorlede. Hy het volgens dr Geingob sy lewe aan die bevryding en diens aan die mense van Afrika en van Zambië gewei.