Twitter toets nuwe ‘nota’ funksie

Twitter toets ‘n nuwe funksie wat gebruikers sal toelaat om notas so lank as 2 500 woorde te deel. Die sosiale media-platform beperk gewoonlik plasings tot 280 karakters. Twitter sê die stap is in reaksie op die feit dat mense die platform gebruik om foto’s van langer aankondigings te plaas. Die toets sal vir twee maande duur en ‘n klein groepie skrywers in Kanada, Ghana, Brittanje en die VSA betrek. Lesers sal ‘n opskrif kan sien en toegang tot die langer nota kan kry deur op ‘n skakel te klik. Die firma het in April aangekondig hy werk aan ‘n redigeerknoppie.