LIV-reeks: McIlroy sê die spelers is tweegesig

Die wêreld se gewese nommer-een, Rory McIlroy, sê hy is verras deur die huigelagtige gedrag van sommige spelers wat by die Saoedi-ondersteunde LIV-uitnodigingsreeks aangesluit het. Die viermalige major-kampioen, Brooks Koepka, is die jongste speler wat by die reeks aansluit saam met spelers soos Phil Mickelson, Dustin Johnson en Bryson DeChambeau. McIlroy sê hy is verbaas dat Koepka aangesluit het, veral na sy vorige opmerkings aan hom privaat en in die openbaar: