Twitter se voëltjie is vandag ‘n Dogecoin-woef… hoe nou?

In plaas van die gebruiklike voëltjie, het Twitter-gebruikers vanoggend ‘n beeld van ‘n Shiba Inu-hond op die sosiale media platform gehad. Volgens wat berig word het Elon Musk, wat in die hof is oor ‘n Dogecoin-saak, die hond, wat ook die amptelike handelsmerk van die kripto-eenheid is, daar geplaas om sy waarde op te stoor. Groei in die geldeenheid is belangrik vir Musk om die saak te wen en op die oomblik, handel die eenheid teen 12,4 miljard Amerikaanse dollar. Maar, Coenie Botha van CBS Exchange, is nie oortuig nie.