Leerlingrybewyse binnekort op Henties moontlik

Die Padowerheid sal toetse vir leerlingrybewyse vanaf 17 April by sy NaTIS-kantoor op Hentiesbaai uitvoer. Die owerheid sê besprekings sal vanaf Maandag tot Vrydag vir die toetse vanaf net na agt-uur tot net voor een-uur soggens en weer tussen twee en vier namiddae behalwe vir Vrydae wanneer toetse tussen twee-uur en drie-uur in die middae aangebied word. Die kantoor, wat in 2022 ingehuldig is, bied oor-die-toonbank-dienste wat voertuigregistrasie en -lisensies, sowel as hernuwing van rybewyse en voertuiglisensies.