Twitter-gebruikers groet ná kantoor sluit

Twitter is in so ‘n krisis dat hy besluit het om vir eers sy kantoor te sluit. Die krisis by Twitter het ‘n nuwe hoogtepunt bereik toe honderde werknemers glo Elon Musk se ultimatum verwerp het om aan te hou om vir die onderneming te werk. Dit het die maatskappy se vermoë om voort te gaan, bedreig. En terwyl die kantore tydelik gesluit was, het Twitter-gebruikers begin groet en rekeninge op ander platforms geopen. Duisende Twitter-personeellede het geweier om in te val by Musk se planne. Twitter het net sowat 2 900 personeellede oorgehad nadat Musk met sy oorname sowat die helfte van die personeel van 7 500 afgedank het. Daar was ook verskeie bedankings.