Tweelingseuntjies op Walvis-stortingsterrein weggegooi 

Die Namibiese polisie in die Erongostreek-polisie ondersoek ‘n saak van babastorting nadat ‘n onbekende verdagte geboorte geskenk het aan tweelingseuntjies en hulle by ‘n plaaslike stortingsterrein in Walvisbaai weggegooi het. Die liggame is deur gemeenskapslede ontdek, wat toe die polisie in kennis gestel het. Geen verdagte is tot dusver in hegtenis geneem nie. Die polisie versoek die publiek om te help met inligting om die verdagte op te spoor wat swanger was en geboorte geskenk het. Die polisieondersoek duur voort.