Geingob: Klimaatsverandering is nie Afrika-probleem

President Hage Geingob sê met die regte soort samewerking en vennootskappe het die tyd aangebreek om te verseker dat niemand agterbly in die wêreldwye ambisie van energie vir almal nie. Geingob woon die VS-Afrika-leiersberaad in Washington DC plaas. Hy het herhaal dat Afrika minder koolstofdioksied in die atmosfeer vrystel, maar dit word ongelukkig buite verhouding beïnvloed deur klimaatsverandering en die langtermyn-verskuiwings in temperature en weerpatrone. Vir die oorgang om regverdig te wees, het Geingob aangedring dat die vlakke van klimaat-finansiering opgeskaal word. Geingob sê klimaatsverandering is nie ‘n Afrika-probleem nie.