Tweeling olifantkalfies in Kenia gebore

‘n Olifant in Kenia het geboorte gegee aan ‘n tweeling. Volgens natuurbewaarders is dit uiters seldsaam en die eerste keer sedert 2006 wat die land ‘n tweeling-geboorte het. Nuusagentskappe berig die omgewingsgroep, Save the Elephants, sê ‘n olifantkoei genaamd Bora is die ma van die tweeling bul en koei. Toergidse op ‘n wildrit in die Samburu-reservaat in die noordelike deel van Kenia was die afgelope naweek die eerste om hulle te sien. Video’s wys hoe die pasgebore olifantjies gewoond raak aan hulle grasvlakte-omgewing. Afrika-olifante het die langste dragtydperk van enige lewende soogdier en dra hulle kleintjies vir byna 22 maande.