Tweeling in verskillende jare gebore

‘n Amerikaanse tweeling is in twee verskillende jare gebore – die een net voor middernag op Oujaarsaand en die ander een ‘n paar minute later op Nuwejaarsdag. Fatima Madrigal en Robert Trujillo se seun Alfredo Antonio is Vrydagaand 15 minute voor twaalf in Kalifornië gebore terwyl hulle dogter Aylin Yolanda om middernag haar opwagting gemaak het. Volgens berigte is die moontlikheid dat tweelinge in verskillende jare gebore word, sowat een uit twee-miljoen. Die paartjie het nog drie ouer kinders.