Olieprys sal nog styg

Die Internasionale Energie-agentskap het tekorte van 1,5 miljoen vate daagliks vir die tweede helfte van die jaar voorspel. Die agentskap sê die globale ekonomiese herstel het veroorsaak dat pryse van gas en steenkool skerp gestyg het wat ‘n massiewe oorskakeling na olie-verwante produkte veroorsaak het. Dawie Klopper ‘n ekonoom in Suid Afrika sê die styging is te verwagte, en dit is nog nie verby nie.