Tweede Wêreldoorlog-vlieënier vier sy 102de verjaardag 

‘n Gewese Britse vlieënier wat aan die D-Dag-aanval in die Tweede Wêreldoorlog deelgeneem het, het pas sy 102de verjaarsdag gevier. Harry Gamper sê die Covid-19-pandemie het sy 100ste-verjaarsdagviering in die wiele gery, maar hy het vanjaar daarvoor opgemaak. Gamper was ‘n vlieënier in die Britse Lugmag wat meer as ‘n duisend vliegure afgelê het voor hy in 1946 bedank het, en het twee medaljes verdien vir sy diens in Frankryk en Duitsland tydens die oorlog. Hy skryf sy lang lewe toe aan goeie wyn, kos en musiek.