Tweede wedstryd vir Richelieu Eagles teen Karnataka vandag

Die Richelieu Eagles speel vandag hulle tweede wedstryd teen die Indiese span Karnataka op United se sportgronde in die hoofstad. Die reeks wat tot Sondag 11 Junie duur is deel van die Castle Lite Reeks en sal in sal in ‘n eendag formaat met 50 boulbeurte beslis word. Die span het Donderdag sy eerste wedstryd verloor met Karnataka wat met 9 paaltjies gewen het met 85 balle oor. Die wedstryd begin om half-tien.