Eerste olie sal oor 6 jaar vloei

Namcor sê hy verwag dat die land teen 2029 met olieproduksie sal begin. Shell is tans besig met evaluasiewerk op PEL-39 om die kommersiële lewensvatbaarheid van die bron te bepaal na ‘n beduidende ontdekking by sy Jonker 1X put, ongeveer 270 kilometer van die Namibiese kuslyn af. Die hoof van eksplorasie by Namcor, Victoria Sibeya sê aan The Brief dat Shell se eksplorasie-prosesse vinnig sal gaan veral nou met die kontrakverlenging met Northern Ocean vir verdere boorwerk deur die Deepsea Bollsta. Shiwana Ndeunyema, waarnemende besturende direkteur van Namcor sê die onlangse ontdekkings die potensiaal het om tot 4 000 werksgeleenthede te skep. Hy het ook bevestig dat Namibië beplan om 400 megawatt krag uit die Kudu Gas-projek te produseer, met bedrywighede wat in 2026 sal begin, terwyl Suid-Afrika die uitvoervenoot sal wees.