Tweede Rus in Noorweë vas wat hommeltuig vlieg

Noorweegse polisie het ‘n Russiese man by die lughawe in die dorp Tromsoe in hegtenis geneem, omdat hy glo ‘n hommeltuig gevlieg het. Die polisie het beslag gelê op ‘n groot hoeveel fotografiese toerusting, insluitend ‘n hommeltuig en verskeie digitale geheuekaarte. Die 51-jarige man het volgens die polisie toegegee dat hy ‘n hommeltuig in Noorweë gevlieg het. Sanksiewetgewing verbied Russiese maatskappye of burgers om vliegtuie in Noorweë te vlieg. Dit is die tweede arrestasie in een week van ‘n Russiese burger vir die vlieg van hommeltuie in Noorweë. Die land is nou die grootste verskaffer van gas ná ‘n skerp daling in vloei uit Rusland.