Twee witrenosterkarkasse op plaas by Outjo ontdek

Twee witrenosterkarkasse is vanoggend op ‘n plaas in die Outjo-distrik ontdek. Nóg ‘n witrenoster word op die plaas vermis en word gesoek. ‘n Voorval van renosterstropery is by die kantoor van die Namibiese omgewingsministerie aangemeld en die ministerie se helikopter is op pad na die plaas om ondersoek in te stel.