Twee Walvisbaaiers skuldig bevind aan dwelmhandel

Regter Orben Sibeya het die kokaïensmokkelaars van Walvisbaai, Grant Noble en Dinah Azhar, vanmiddag in die Windhoekse hoërhof in skuldig bevind aan dwelmhandel. Die twee het vier jaar gelede probeer om ’n vraghouer met 412 kilogram kokaïen vanaf Brasilië die land in te smokkel. Beide is onskuldig bevind op een klagte van geldwassery. Azhar se borgtog is teruggetrek en hulle sal in aanhouding bly tot 8 September wanneer hulle weer in die hof verskyn vir finale betoë voor vonnisoplegging.