Twee vroue sterf, twee gehospitaliseer in Kavango Oos oor brousel

Adjunk-kommissaris Bonifatius Kanyetu van die polisie in die Kavango Oos-streek het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat twee vroue wel dood is in die streek na hulle ‘n brousel deur ‘n selfverklaarde profeet ingegee is. Die insident het reeds Woensdag voorgekom en die polisie ondersoek die saak. Twee ander vrouens, wat ook die brousel gedrink het word tans in die Nyangana-hospitaal behandel. Die profeet is nog nie in hegtenis geneem nie. Die nuus kom kort op die hakke van 18 mense wat dood is as gevolg van vergiftiging na hulle mahangu geëet het wat gemeng was met die gefermenteerde reste van ‘n tuisgemaakte vier. Ses lede van die huishouding het oorleef.