Ekonomiese geleenthede aan beide kante van die rooilyn moet gelyk wees

Tydens die aanstelling van die raadslede vir die Vleisraad van Namibië het die landbouminister Calle Schlettwein melding gemaak van die veterinêre kordonheining. In sy mening, moet ekonomiese geleenthede vir boere noord en suid van die heining gelykgemaak word. Die regering kan steeds verdere markte vir boere noord van die rooilyn kry, met China en Afrika-lande wat reeds die vleis aanvaar maar, hy voeg by die heining is belangrik vir die bek-en-klou vryestatus wat die kommersiële gebied geniet. Hy voeg by daar is niks fout in die kwaliteit van die vleis noord van die rooilyn nie en sê die huidige hofsaak gaan daaroor dat verbruikers suid van die lyn nie die vleis van die noordelike gebiede kan inbring nie. Dit is ‘n binnelandse kwessie en raak nie markte vir die noordelike boere nie.