Twee vermeende kapers in Mpumalanga vasgetrek

Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat die Suid-Afrikaanse polisie in Hazyview in Mpumalanga gereageer het op ‘n kapingsvoorval. ‘n Polisie-woordvoerder sê dit het tot die opsporing van verskeie goedere, insluitend klere, gelei. ‘n Groep gewapende mans het na bewering ‘n koeriermaatskappy se vragmotor voorgelê en die bestuurder gedwing om na ‘n afgeleë plek te ry. Die verdagtes het die goedere in hul eie vragmotor gelaai maar op die vlug geslaan toe die polisie opgedaag het. Die polisie het twee verdagtes na ‘n jaagtog aangekeer.