Twee verdagtes met 49 gesteelde bees vasgetrek

Twee vermeende beesdiewe is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering met 49 gesteelde beeste in een van die verdagtes se krale by die Okuapa-nedersetting in die Okamatapati-omgewing in die Otjozondjupa-streek gevind is. Die twee mans sal Maandag in die Okakarara-landdroshof verskyn. Na bewering het die 49-jarige verdagte, wat in ‘n ander veediefstalsaak van November 2019 uit is op borgtog, saam met sy 38-jarige medepligtige, die beeste gesteel in die weiveld, sowat 20 kilometer van waar die beeste gevind is. Volgens die Namibiese polisie is die gesteelde beeste ter waarde van 450 000 Namibiese dollar aan die eienaar terugbesorg