Twee veldbrande wod buite Athene

Twee veldbrande wat deur sterk wind aangevuur word, woed buite beheer naby Griekeland se hoofstad, Athene. Dorpe moes ontruim word, maar geen beserings is tot dusver aangemeld nie. Volgens GreekReporter.com het meer as 500 veldbrande die afgelope weke in die land voorgekom. ‘n Brand het gister op ‘n berg naby die hawedorp Lavrio, net suid van Athene, uitgebreek. Meer as 90 brandbestryders wat deur ses vliegtuie en ses helikopters bygestaan word, het probeer om die brand te beteuel wat in ‘n gebied met lae plantegroei uitgebreek en na dennebome versprei het. 


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *