Twee vas vir Olimpiese atleet Kiplagat se moord

Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op die Ugandese Olimpiese langafstand atleet Benjamin Kiplagat, wat op Oujaarsaand dood in ‘n motor in Kenia gevind is. ‘n Mes wat vermoedelik gebruik is in die moord is by een van die verdagtes gevind en owerhede sê die motief was blykbaar roof omdat geld en ‘n selfoon gesteel is. Kliplagat is in die nek gesteek en sy keel is afgesny. Hy is aangetref in die buitewyke van Eldoret, ‘n hoogliggende dorp in die weste van Kenia wat bekend is as ‘n oefenbasis vir elite-atlete. Hy het aan drie Olimpiese Spele en ses wêreldkampioenskappe in die 3 000-meter hindernisse deelgeneem. Hy het ‘n bronsmedalje by die 2012 Afrika-kampioenskappe gewen. Hy is die vierde atleet wat die afgelope paar jaar in die gebied vermoor is.