Zuma sê ANC reageer nie op kiesers nie

Oudpresident Jacob Zuma het die ANC betig oor sy gebrekkige reaksie op kiesers se bekommernisse. Hy het in Pietermaritzburg by die Moses Mabhida-eeufeesviering gepraat. Zuma sê mense het voor en na die plaaslike verkiesing in 2021 die ANC gewaarsku om nie Cyril Ramaphosa as leier te kies nie, maar die waarskuwings is geïgnoreer. Hy het ook erken dat hy sedert Januarie in die geheim met pastore en tradisionele leiers in gesprek was as veldtogvoerder vir die MK-party. Zuma voeg by die enigste tyd om die land te red, is nou.