Twee vas vir N$1,7m se dagga

Die Namibiese polisie in die Suide sê twee mans, onderskeidelik 31 en 34 jaar oud, sal môre in die landdroshof op Karasburg verskyn op klagte van die besit van dagga ter waarde van 1,7 miljoen Namibiese dollar. Die twee is vasgetrek net na middernag by die Ariamsvlei-grenspos. Hulle vragmotor is by die weegbrug ondesoek en net minder as 35,5 kilogram dagga is gevind.