Twee vas vir luislangvel, haelgeweer

Twee mans is by Mutengo-nedersetting in die Kavango Wes-streek in hegtenis geneem nadat hulle glo in besit gevind is van ‘n luislangvel ter waarde van 30 000 Namibiese dollar. Die streek se koördineerder vir misdaadondersoeke, adjunkkommissaris Abner Agas, kon die twee mans, 45 en 55 jaar oud, nie bewys van ‘n permit toon nie. Volgens Agas, word daar beweer dat die mans ‘n haelgeweer gebruik het om die luislang te jag. Die wapen is gevind en is ook gekonfiskeer. Die verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Kahenge-hof verskyn en die ondersoek duur voort.