Twee vas nadat renoster-ma en kalf gestroop is 

Twee mans is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle twee swartrenosters, ‘n koei en haar kalf, gestroop het. Die kalfie was maar vier dae oud en is met ‘n byl doodgemaak. Die mans het ‘n jaggeweer in hulle besit gehad sowel as 12 rondes ammunisie met ‘n verdere drie rondes wat reeds gebruik was. Twee horings is gekonfiskeer. Die ondersoek duur voort en die mans sal na verwagting vandag of Maandag in die hof verskyn.