Mbeki sê agterdog oor Phala Phala is natuurlike reaksie 

Die gewese president Thabo Mbeki sê die weergawe wat gebied is oor die oorsprong van die geld wat by president Cyril Ramaphosa se plaas Phala Phala gesteel is, het ‘n natuurlike agterdog laat ontstaan dat die transaksie moontlik deel van geldwassery kon wees. Hy was gister die spreker by die Universiteit van Suid-Afrika. Mbeki sê die gegewe inligting dat die Soedanse sakeman, Hazim Mustafa, na bewering sowat 8 miljoen Suid-Afrikaanse rand die land ingebring het om 20 buffels kontant te koop, het agterdog geskep:  

TERUG: Mustafa het verlede jaar bevestig dat hy die geld by sy aankoms op 23 Desember 2019 op die OR Tambo Internasionale lughawe aan doeane verklaar het.