Twee skaars diamante van Cullinan haal R200 miljoen

Twee skaars diamante wat ‘n Britse mynmaatskappy uit die ikoniese Cullinan-myn in Gauteng gehaal het, is vir meer as 200 miljoen rand verkoop. ‘n Woordvoerder van Petra Diamonds sê die edelstene sal in Johannesburg geslyp word voordat dit op die mark kom. Petra Diamonds het die Cullinan-myn in 2008 by De Beers gekoop en die afgelope paar jaar talle merkwaardige vondse gehad. Minstens agt diamante uit die myn het die maatskappy meer as drie miljard rand in die sak gebring.