Twee sendings op pad na Venus, binnekort

Die eerste sendings na Venus in meer as 30 jaar sal tussen 2028 en 2030 plaasvind nadat Nasa aangekondig het dat hy die planeet se atmosfeer en geologiese kenmerke wil ondersoek. Die laaste Amerikaanse ondersoek was in 1990, maar ruimtetuie van Europa en Japan het in daaropvolgende jare om die planeet gewentel. Die Davinci-plus-sending sal Venus se atmosfeer meet om beter te verstaan hoe dit gevorm is en ontwikkel het. Die Veritas-sending sal inligting versamel oor die planeet se geologiese geskiedenis deur die oppervlak te karteer.