Twee SA universiteite gaan moontlike Covid-entstof ontwikkel

Die Noordwes-Universiteit en die Walter Sisulu Universiteit is 3,5 miljoen rand aangebied om ‘n moontlike Covid-entstof te ontwikkel wat Suid-Afrikaners en mense op die vasteland sal help. Volgens die WSU se visekanselier, Rushiella Songca, is die toelaag daarop gemik om betekenisvolle plaaslike vaardighede te ontwikkel wat kan lei tot plaaslike vervaardiging, uitbreiding, verspreiding en voorsiening. ‘n Memorandum van ooreenkoms tussen die WSU en die Owerheid vir Onderwys en Opleiding in Chemiese Nywerhede is vroeër die maand onderteken om voor-kliniese proewe te doen om die doeltreffendheid van kandidaat-Covid-entstowwe te toets.