Twee Pretoria-onderwysers slaan glo kleuters 

Die polisie stel ondersoek in na die optrede van twee onderwysers van die Darwin Opvoedkundige Speelgrond-nasorg-crèche in Pretoria-Tuine. Die onderwysers, ‘n ma en ‘n dogter, is afgeneem terwyl hulle kleuters rof behandel en slaan. In een video kan gesien word hoe ‘n vrou ‘n kind in ‘n toilet ‘n pak slae gee, terwyl nog beeldmateriaal ‘n vrou wys wat met mag ‘n dogtertjie dwing om in ‘n sekere posisie op die vloer te sit. Die polisiewoordvoerder Augustinah Selepe sê die ouers van die twee kleuters het kindermishandelingsake aanhangig gemaak.