Twee ooms verkrag blykbaar meisie, 14, een vlug
’n 14-jarige meisie is na bewering deur haar twee ooms in die Omusati-streek verkrag. Die Omusati-streekbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson sê die twee verdagtes het blykbaar die meisie se kamer in die nag binnegekom terwyl sy geslaap het. Albei het haar blykbaar verkrag en haar toe met die dood gedreig sou sy die voorval by haar ouers of by die polisie aanmeld. Tot dusver is een verdagte, ‘n 46-jarige Angolese burger in hegtenis geneem, met die tweede een wat steeds op vlug is. Die klag van verkragting sal ook gesinsgeweld en gesinsgeweld en alkoholmisbruik insluit. Die ondersoek duur voort.