Twee Nampol-beamptes vas oor omkoopgeld

Twee Namibiese polisiebeamptes is in hegtenis geneem nadat hulle glo omkoopgeld van 10 000 Namibiese dollar aanvaar het. Na bewering was die twee beamptes lede van ‘n operasie wat by ‘n mini-padblokkade by ‘n weegbrug op die B1-hoofweg gehou is. Die beamptes het ‘n voertuig voorgekeer en beslag gelê op smokkelgoedere, insluitend Yes-sigarette en whisky. Die polisiebeamptes het glo geld van die verdagte geëis in ruil vir geen arrestasie en ook vir die terugbesorging van die smokkelgoedere. Die waarde van gekonfiskeerde items word op 250 000 dollar beraam. Die twee polisiebeamptes is in hegtenis geneem en word by Seeis-polisiestasie aangehou.