Twee Namibiese mans betrap wat deur Oranjerivier na SA swem

Twee Namibiese mans is in hegtenis geneem nadat hulle die Oranjerivier by Onseepkans tussen Namibië en Suid-Afrika glo onwettig oorgesteek en teëspoed opgetel het. Vier mans het glo probeer om van Namibië af deur die Oranjerivier te swem, maar het in die moeilikheid beland. Die polisie se reddingspan van Kimberley is ontbied en hulle is uit die rivier gehaal. Hulle is in hegtenis geneem, omdat die twee Namibiese burgers is en glo nie oor die nodige dokumente beskik om in Suid-Afrika te wees nie. Hulle is glo ook in die besit van beskermde en inheemse vetplante betrap.