Twee moordverdagtes van Walvisbaaise konstabel in hof

Twee verdagtes, Samuel David en Joseph Lukas, wat daarvan beskuldig word dat hulle die Walvisbaaise polisiebeampte, konstabel Asser Dominicus, met ‘n mes doodgesteek het, het vandag in die landdroshof op Walvisbaai verskyn. Hul saak is tot 2 Augustus uitgestel en hulle bly in aanhouding.