Twee moorde gedurende die nag bevestig

Die Namibiese polisie het twee moorde gedurende die nag bevestig. Op Rehoboth is die 25-jarige Sensenzo Witbeen in sy gesig, in sy wang, met ‘n onbekende voorwerp deur ‘n onbekende verdagte gesteek. Hy is op pad hospitaal toe dood. Die polisie sê die voorval het in die vroeë oggendure in Blok E voorgekom en ‘n ondersoek is geloods. Op Maltahöhe is ‘n 36-jarige man dood na hy in die bors gesteek is by ‘n shebeen in Blikkiesdorp. Die verdagte is gearresteer maar dit is nie bekend wanneer hy in die hof sal verskyn nie.