Geen bewyses dat damprook help om op te hou rook nie

Gesondheidskenners sê daar is geen bewys dat damprook doeltreffend is om op te hou rook nie. Daarteenoor sê Guy Richards van die Wits Universiteit e-sigarette met nikotien is hoogs verslawend. Statistieke van die Wêreldgesondheidsorganisasie wys e-sigarette word in 34 lande verbied. Richards sê dringende optrede is nodig om e-sigarette te beheer en om kinders, sowel as nie-rokers, te beskerm: