Twee meisies, 8 & 9, dood na TikTok ‘Blackout Challenge’

TikTok word gedagvaar nadat twee jong meisies in die VSA gesterf het terwyl hulle probeer het om ‘n nuwe neiging op die toepassing, die sogenaamde ‘Blackout Challenge’ te herskep. Volgens hofdokumente word daar beweer dat Lalani Erika Walton, agt, en Arriani Jaileen Arroyo, nege, gesterf het nadat hulle gepoog het om hulself bewusteloos te versmoor. Albei voorvalle het in Los Angeles voorgekom. Die saak beweer dat die toep se algoritme video’s van die verwurging-uitdaging aan die jong meisies aanbeveel het. Albei het hulself per abuis, gehang.