Twee mans vandag in hof oor vars olifanttand

Twee Namibiese mans is die naweek by die Gam-nedersetting naby Tsumkwe in hegtenis geneem toe hulle met ‘n vars olifanttand in hul besit betrap is. Die twee, onderskeidelik 38 en 23 jaar oud, is volgens die polisiewoordvoerder van die Otjozondjupa-streek, inspekteur Maureen Mbeha, in hegtenis geneem toe hulle die ivoor aan ‘n geheime polisiebeampte probeer verkoop het. Hulle sal ná verwagting vandag in die rondgaande hof op Tsumkwe verskyn. Mbeha vertel aan Kosmos 94.1.