Namibiese Raad van Kerke vra vir nakoming van regulasies

Die Namibiese Raad van Kerke het gereageer op die nuwe Covid-19-regulasies wat onder meer bepaal dat mense by byeenkomste van 100 na 50 verminder word. Ludwig Beukes, die sekretaris-generaal van die raad, doen ‘n beroep op Namibiërs om die regulasies wat môre in werking tree, te gehoorsaam.