Twee leeus ontsnap van Limpopo-wildsplaas

Twee leeus het volgens berigte van ‘n wildsplaas by Baltimore buite Lephalale in Limpopo ontsnap. Volgens Motsepe Matlala van die National African Farmers Union gebruik hulle trekkers om te keer dat die leeumannetjie en -wyfie na veeplase dwaal. Hy sê hulle het die owerheid en betrokke plaaseienaar in kennis gestel, maar geen reaksie van die eienaar gekry nie. Dis onbekend waar die leeus tans is.