Twee keer meer jeug werkloos as volwassenes

Die PDM-party se Inna Hengari sê dat twee keer meer jeug werkloos is as volwassenes. Volgens haar is daar ongeveer 576 000 jongmense in die arbeidsmark waarvan net minder as 266 000 werkloos is. Sy sê teen die einde van 2018 het werklose jeug 36 persent van die werkloses in die land uitgemaak. Teen die einde van die jaar sal die syfer op 50,3 persent staan. Ongeveer 226 259 werklose jeug het net die junior sekondêre sertifikaat en 93 998 is gekwalifiseer. Ekonome sê dat jeug werkloosheid ‘n belangrik aanwyser van ‘n land se ontwikkeling is en bepaal ook hoe vinnig ‘n ekonomie groei.