Twee joernaliste wen Nobel Vredesprys

Die Filippynse joernalis Maria Ressa en die Russiese joernalis Dmitry Muratov het die Nobelprys vir vrede gewen. Volgens die voorsitter van die Noorse Nobelkomitee, Berit Reiss-Andersen het hulle die toekenning ontvang vir hul moedige stryd vir vryheid. Sy voeg by die twee is verteenwoordigers van alle joernaliste wat opstaan in ‘n wêreld waarin demokrasie en persvryheid al hoe meer uitdagend word. Die Nobelprys vir Vrede word op 10 Desember oorhandig, die herdenking van die dood van die Sweedse nyweraar Alfred Nobel, wat die toekennings in sy testament van 1895 gestig het.