Twee-jarige seuntjie brand dood

Die tweejarige Sakaria Hangula is tragies dood nadat hy onherkenbaar verbrand het, terwyl twee mense brandwonde opgedoen het tydens ‘n brand in die Oshigambo-gebied in die Oshikoto-streek. Volgens die Oshikoto-polisiebevelvoerder, kommissaris Armas Shivute, het die brand uitgebreek het in ‘n die kamer met ‘n grasdak waar die oorledene geslaap het. Die beeseerdes is in die Onandjokwe-hospitaal opgeneem en in ‘n stabiele toestand. Lede van die publiek word weer herinner aan die gevare van brand. Tangeni Uusiku, Stad Windhoek se hoof van brandveiligheid, het ‘n paar voorkomende wenke met Kosmos 94.1 Nuus gedeel