Twee in hof oor mislukte transito-rooftog by Mosselbaai

Die Valke sê hulle verwag dat nog verdagtes binnekort in hegtenis geneem sal word in verband met ‘n poging tot ‘n transito-rooftog in die Wes-Kaap. Dit volg op ‘n voorval waarin ses mans ‘n pantser-voertuig by ‘n Engen-vulstasie buite Mosselbaai aangeval het. Die Valke se woordvoerder, Zinzi Hani, sê die verdagtes het die veiligheidswagte van ‘n vuurwapen beroof maar kon nie toegang tot die kontant in die geldwa kry nie. Twee van die verdagtes is by George vasgetrek en sal in die Mosselbaaise landdroshof verskyn.