Franse César-filmtoekennings verander sy reëls

Die Franse weergawe van die Oscars het aangekondig enigiemand wat moontlik tronkstraf kan uitdien vir seksuele aanranding mag nie sy geleentheid in 2023 bywoon nie. Die César-toekennings vind aanstaande maand plaas en die besluit is geneem uit respek teenoor moontlike slagoffers. Die plegtigheid sal die Franse akteur, Sofiane Bennacer uitsluit, wat ondersoek word vir bewerings van verkragting, wat hy ontken. Dit volg op die bohaai in 2020 toe Roman Polanski, wat in Amerika gesoek word vir statutêre verkragting, as beste regisseur aangewys is.