Twee groot ontwikkelings vir Ongwediva

Die omgewing-ministerie maak in ‘n advertensie aan alle geïnteresseerde en geaffekteerde partye, en relevante belanghebbendes bekend dat omgewingsklaringsertifikate ingedien kan word vir die voorgestelde Ongwediva-sportstadion en Uitbreiding 11-ontspanningspark in Ongwediva in die Oshana-streek. Die Ongwediva-dorpsraad sal op die 1ste en 2de Desember openbare konsultasievergaderings hou sodat die publiek hul insette kan lewer. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Ongwediva-dorpsraad, Jackson Muma, gepraat wat die belangrikheid van die vergaderings verduidelik.